
Bevat meer as 130 pragtig gefotografeerde voorbeeldbladsye met interessante voorstelle vir alternatiewe. Inligting oor die samestelling van elke bladsy word met wenke aangevul. Die onweerstaanbare ontwerp van die boek met sy groot verskeidenheid style en lekkerlees-inhoud sal enige plakwerkentoesias inspireer om die foto’s uit te grawe en dadelik te begin werk.
Die skrywers se découpage-agtergrond kom handig te pas; hulle sluit nuttige wenke in oor verfwerk, snywerk en ‘fotocoupage’ – ’n tegniek wat hulle ontwikkel het deur découpage vir fotoplakwerk aan te pas.
’n Boek wat ongetwyfeld aanklank sal vind by almal wat daardie spesiale oomblikke met hul kleingoed wil opteken.
260×193
144 bladsye