
Cicely Mary Barker se pragtige blommefeetjies is vir die eerste keer omskep in lintborduur en stumpwerkontwerpe.
Haar delikate en verwikkelde kleurillustrasies bekoor kinders en volwassenes ewe veel. Nou is vyf van haar verruklike feetjies vir die eerste keer omskep in lintborduur en stumpwerkontwerpe vir almal wat kreatiewe driedimensionel borduurwerk geniet.
Hierdie boek bevat hope nuwe tegnieke en idees. Nabyskote van tegnieke en stap-vir-stap aanwysings wys jou hoe om:
• Pragtige blomme en blare met sy- en organzalint te borduur
• Delikate stumpwerkvlerkies in organzastof en sygaring te skep
• Organza- en sylintappliek vir blare en blomblare te gebruik
• Bekoorlike stumpwerk-insekte te skep
• Die feetjies in lae organza te tooi en die pragtigste hare te borduur
• Verruklike feetjieklere in kort-en-langsteek te borduur – op die maklike manier
• Driedimensionele ontwerp te skep met kleur, tekstuur en fatsoene.
Die vyf blommefeetjies in die boek is die Maagdeblommefeetjie, die Swartlusernfeetjie, die Witklawerfeetjie, die Horlosiefeetjie en die Rooiklawerfeetjie.
260 x 193 mm
Sagteband
152 bladsye