
Die boek skop af met materiaal en toerusting, die voorbereiding van basisse, kies van servette, papier en lap, snytegnieke en hoe om die regte produk vir jou projek te kies en bespreek dan meer as 50 aanvallige projekte met duidelike stap-vir-stap-aanwysings en lieflike foto’s van die eindproduk.
Met die huidige fokus op herwinning is découpage ’n prettige en maklike manier om enigiets ’n nuwe baadjie te gee omdat dit op so ’n groot verskeidenheid oppervlakke kan werk – van glas en plastiek tot lap en hout. Danksy die beskikbaarheid van soveel doelspesifieke produkte kan jy die tradisionele en nuwe tegnieke kombineer in ’n legio moontlikhede.
Die boek is geskik vir beginners, en ’n sekere bron van inspirasie vir meer gevorderede handwerkers. Die projekte wissel van plekmatjies en blikke, tot groter projekte soos stoele, ’n bedkopstuk en ’n fotomuur.
JUNIE 2017
128pp
260 x 193 mm
Also available in English as Decoupage your home