
Fransie Snyman, veelsydige handwerkentoesias en papierversamelaar, deel in hierdie boek haar idees vir handgemaakte kaartjies en wys jou hoe om hulle uit te voer. Daar is ’n groot verskeidenheid tegnieke, van vou- en ponswerk tot stik- en inkwerk, met genoeg inligting dat jy nooit weer hoef te wonder hoe jy ’n oorspronklike kaartjie kan ontwerp en maak nie. Elke tegniek word met stap-vir-stap-foto’s en -aanwysings verduidelik, gevolg deur etlike voorbeelde waar dié spesifieke tegniek gebruik is. Lieflike volblad foto’s van elke kaartjie, met heelwat wenke, dra nog inligting en idees oor.
Hierdie boek is lekker prakties en bevat nie net maklike idees wat in ’n japtrap uitgevoer kan word nie, maar ook voorstelle en aanwysings vir meer ingewikkelde kaartjies wat eintlik kunswerke uit eie reg is. Handgemaakte kaartjies is geskik vir enige denkbare geleentheid en bring net soveel vreugde vir die skepper as die ontvanger. Gebruik hierdie boek om na hartelus jou papierversameling in unieke kaartjies te omskep.
Tegnieke sluit in:, Ponswerk, Stempelwerk, Papierkrulwerk, Tekstiel- en naaldwerktegnieke, Alkoholink, Glasverf, Tooisels: gekoop of handgemaak, Vouwerk, Metaalwerk en Bosselering
260 x 193 mm
200 bladsye
“Flexibinding”