• FREE PROJECTS
  • BOOKS
  • Buy Projects
  • WIN!
  • Expert Q&A
  • Book Reviews
  • Your basket
  • Contact us
  • FREE PROJECTS
  • BOOKS
  • Buy Projects
  • WIN!
  • Expert Q&A
  • Book Reviews
  • Your basket
  • Contact us

Katrien se kreatiewe koeke

Category: Cake Decorating
Author: Katrien van Zyl
Dimensions: 260 x 193 mm
ISBN: 978-1-928201-36-6
Format: Softcover
Pages: 160
Smullekkerresepte en oorspronklike handwerkversierings

Hierdie boek wys jou hoe om gewilde kunshandwerktegnieke in koek­versiering toe te pas.

Hierdie boek wys jou hoe om gewilde kunshandwerktegnieke in koek­versiering toe te pas en met behulp van fondantversiersel, modelleer­pasta, sjokoladedeeg, botterversiersel, ganache en harde versiersel eetbare handwerkitems te skep. Of jy nou ’n bakker of koekversierder is wat nuwe tegnieke wil aanleer om in jou koekversiering te gebruik, of ’n handwerker wat graag wil leer koekbak en -versier, hier is vir elkeen iets van waarde.

Katrien werk met plaatkoeke (reghoekige enklellaag-koeke) as basis sodat die koekvorm eenvoudig is en jy kan fokus op die handwerktegnieke wat vir versiering gebruik word. Die koek is die skoon skilderdoek waarop kunswerk geskep word.

Die inspirasie vir die versiering kom van papierkuns, mosaïek, borduurwerk, lapdrukwerk, kwlit- en appliekwerk en enige handwerk waaraan jy kan dink. Daar is 18 koekprojekte, plus minikoeke, wat van begin tot einde stap vir stap verduidelik word sodat jy daarvolgens self kreatiewe koeke kan skep.

Laaste, maar nie die minste nie, is daar getoetste en flatervrye resepte vir koeke, botterversiersel, ganache en fondantversiersel, asook ontwerpe wat jy vir jou koeke kan gebruik.

Buy Projects

  • Buy project

  • Book info


  • Add to favourites
  • Share on Facebook
  • Share on Twitter
  • Pin to Pinterest
  • Fabric Decoupage: Rustic rusk tin
  • R 15.00
  • ©2022 Metz Press
  • About
  • |
  • Contact
  • |
  • Terms & Conditions
  • |
  • Privacy Policy