
Koordknoopwerk (“macrame”) in halsnoere is pragtig in kombinasie met treffende keramiek-, hout- en metaalkrale. Halfedelgesteentes wat met ‘n enkele koordknoop afgewissel word, vertoon op hul mooiste. As jy eers die tegnieke onder die knie het, besluit jy self hoe eenvoudig of ingewikkeld jy jou ontwerpe wil maak. Jy het geen spesiale toerusting nodig nie!
Die boek is propvol nuttige wenke en bevat volledige stap-vir-stap foto’s met aanvullende diagramme vir die knoopwerk. Daar is 27 onweerstaanbare ontwerpe vir halssnoere, armbande, oorringe en borsspelde.
Groot formaat
128 bladsye
Sagteband met flappe