
Is jy dol oor fotoplakwerk, maar raak verbouereerd as jy keuses oor papier en tooisels moet maak?
Het jy min tyd vir fotoplakwerk en wil jy dit ten beste benut?
Slaan jou kop soms toe wanneer jy uitlegte vir jou fotoplakwerk beplan?
Dan is hierdie boek jou antwoord. Dit bevat 60 dubbelbladuitlegte wat deur meng en pas elk tot 64 ander moontlikhede bied – meer as genoeg om jou sommer lank met verskillende uitlegte aan’t woeker te hou en seker te maak dat jy nie gou weer vashaak sonder ‘n idee hoe jy te werk wil gaan nie. Benewens duidelike uitlegplanne, is elke dubbelbladuitleg volledig en pragtig uitgevoer en gefotografeer, met verdere variasies. Die boek is propvol nuttige wenke wat die lewe vir fotoplakkers makliker kan maak en danksy die vinnige soekgids kan jy met een oogopslag sien watter planne gskik is vir die getal foto’s in jou uitleg.
‘n Pragboek propvol idees waarsonder niemand, hetsy beginner of gesoute plakboeke, sal wil wees nie!