Categories: Crafty Art, Mixed Media
Authors: Angie Franke, Monique Day-Wilde
Dimensions:
260 x 193 mm
ISBN:
9781919992914
Format:
Softcover
Pages:
144
Die opvolg van Kitskuns
Kunswerke saamgestel deur die gebruik van weggooigoed en optelgoed wat met kunsmateriaal in uitstalgoed omskep word.
Die deurlopende tema is geblokte kuns, en die skrywers werk in blokke, op blokke en om die blokke. Hulle gebruik dryfhout, herwinde blikkies en ander metaal- en glashouers, asook alledaagse items soos botteldoppies en gebruikte teesakkies om kunswerke te skep wat in die beste galerye vertoon kan word. Vir beelhoumateriaal gebruik hulle klei, draad en papierpap, gekombineer met boumateriaal soos sement, en handwerkelemente soos krale en goudblad, alles uniek en skeppend gekombineer.
Hulle werk doelbewus met verskillende tekstuurafwerkings, maar kleur, vorm en lyn speel ‘n ewe belangrike rol in die skep van nóg kitskuns. Slim kuns plaas hewinning en hergebruik voorop – met vindingryke, omgewingsvriendelike idees om jou lewe met kuns te vul.
Die pragfoto’s van elke voltooide projek, aangevul deur duidelik geïllustreerde stap-vir-stap aanwysings en verdere idees sal ongetwyfeld die kunstenaar in elke handwerker wakker maak en na ‘n verfkwas laat gryp.