
Maak unieke juwele en ander items van die groot verskeidenheid krale op die mark, met die gebruik van tegnieke soos basiese basiese tou- en spiraalwerk, enkelstringwerk, baksteen- en peyote-steek, alles met verskeie toepassings en kombinasies. Al die ontwerpe is oorspronklik, en word met maklike aanwysings en stap-vir-stap foto’s en lyntekeninge gedemonstreer.
Die pragtige kleurfoto’s van die voltooide items dra visueel by om die boek ’n ware bron van inspirasie te maak wat jou die nodige kennis en vaardigheid sal gee om met selfvertroue na jou naald en krale te gryp.
Groot formaat (260×193 mm)
128 bladsye volkleur, sagteband met flappe