×
Doen mosaïek: Baie maklike fotorame

Hierdie rame is vinnig en maklik om te maak. Hulle is interessant, maar oorheers nie die geraamde foto of prent nie.

×
Doen mosaïek: Glaskershouers

Maak vir jou 'n paar ongewone kershouers - spesiaal vir daardie onverwagte kragonderbrekings snags, of sagte lig by 'n romantiese ete. Glaskershouers is beskikbaar by die meeste huiswarewinkels, maar as jy dit nie in die hande kan kry nie, gebruik eenvoudige glasvase of selfs goedkoop drinkglase.

×
Doen mosaïek: Hasieplaveistene

'n Maklike manier om plaveistene vir die tuin te maak, is deur vorms uit jou kombuis te gebruik - soos 'n plastiekkom, koekpan of selfs die plastiekpiering van 'n potplant. Die houers kan enige vorm wees en kan oor en oor gebruik word.

×
Doen mosaïek: Huisnaam

Almal wil 'n huisie by die see het. As jy gelukkig genoeg is om wel een te hê, gee en skep vir dit 'n lekker naam met hierdie projek!

- Doen mosaïek: Huisnaam
- R 15.00
×
Doen mosaïek: Huisnommers

Huisnommers van mosaïek het nogal gewild geraak. Wanneer jy 'n nommer vir jou huis beplan, hou in gedagte dat dit te alle tye sigbaar en maklik leesbaar moet wees vanuit 'n verbygaande motor.

- Doen mosaïek: Huisnommers
- R 15.00
×
Doen mosaïek: Japtrap plantbakke

Mosaïek hoef nie altyd ingewikkeld en versigtig beplan te wees nie. Partykeer voer eenvoud die botoon, soos met hierdie bakke. Die vier houers is almal volgens die netmetode gemaak, maar ek het probeer wys watter variasies met verskillende stowwe en ontwerpbenaderings verkry kan word. Ek het die netmetode gebruik omdat dit ideaal is om te werk op 'n oppervlak wat nie plat is nie.

×
Doen mosaïek: Maklike aardse spieëlraam

Dit is nogal inspirerend om te sien wat 'n mens met die minimum sny werk met mosaïekteëls kan uitrig. Eenvoudige geometriese vorms soos reghoeke, vierkante en driehoeke kan interessante patrone oplewer.

×
Doen mosaïek: Maklike ligskakelaardeksels

Baie treffende mosaïeke kan betreklik goedkoop gemaak word. Met die gebruik van tinfoelie en papier kan 'n swierige, duur voorkoms verkry word.

×
Doen mosaïek: Mosaïekspieëlraam

Dink aan waar die spieël gaan hang wanneer jy 'n mosaïekraam daarvoor beplan. Kies 'n ontwerp wat by die betrokke vertrek sal pas. Laat die meubels, bekleedsel of ander voorwerpe om jou jou inspireer. Jy kan selfs die mosaïek die fokuspunt van die vertrek maak!

×
Doen mosaïek: Ongewone paisley

Die paisley-motief is 'n tradisionele Oosterse ontwerp wat dikwels in Indiese tekstielstowwe te sien is. Die traandruppelvorm is bekoorlik en leen hom tot 'n groot verskeidenheid blompatrone.

×
Doen mosaïek: Sementplaveistroke

Lank gelede het mosaïekwerkers hierdie metode gebruik om weg van die terrein van installasie aan groot mosaïekprojekte te werk. Daarna is dit dan na die terrein vervoer en aan mekaar gesit. In die projek het ek baie eenvoudige teëls en vondste gebruik omdat ek wou hê die stroke moet 'n rand vir 'n paadjie in my tuin vorm.

×
Doen mosaïek: Silindriese houers

Ek het hiermee begin deur eers die ontwerp en kleure te kies. Hoewel ek verwysings gebruik het, het ek dit vir my doel aangepas en my eie stempel daarop afgedruk.

×
Doen mosaïek: Spieëlraam met klippies en teëls

Ek stap graag op die strand en in die veld en het my al dikwels verwonder aan die kleure, klippies, klippe en rotse. Die gedagte dat die heel eerste mosaïeke gemaak is van stowwe wat uit ons omgewing verkry is en dat daar vandag kunstenaars is wat spesialiseer in klippiemosaïek het my laat besluit om hierdie projek aan te pak.

×
Doen mosaïek: Stortvloer

'n Mosaïek op 'n stortvloer maak dit kleurryk en interessant. Maar wat is die maklikste manier om dit te doen? Laat ek jou stap-vir-stap wys!

- Doen mosaïek: Stortvloer
- R 15.00
×
Doen mosaïek: Stukkende breekgoed

Borde, bakke en skottels breek, ongeag of hulle goedkoop of duur is. Laat weet mense dat jy stukkende breekgoed bymekaarmaak, en wie weet watter skatte na jou kant toe sal kom!

×
Doen mosaïek: Tafelblad

Ek is versot op draaikolkpatrone - hulle laat my aan vloeiende water dink en daarom het ek op die kleure van water en sand en klippe besluit om hierdie tafelblad te maak, Jy kan natuurlik enige kleure gebruik!

- Doen mosaïek: Tafelblad
- R 15.00
×
Doen mosaïek: Tafelmatjies

Beskerm jou tafel teen warm borde deur hierdie tafelmatjies te maak. Hulle is velsydig omdat hulle vir warm opdieningskottels of as gewone, interessante versierings gebruik kan word.

- Doen mosaïek: Tafelmatjies
- R 15.00
×
Doen mosaïek: Tegniese inligting

Hierdie bevat absoluut alles wat jy moet weet oor hoe om mosaïek te doen. Daar is meer as 30 bladsye met inligting oor hoe en waar om te begin, mosaïekontwerp, alles wat jy nodig het, die verskillende tipe teëls, watter gereedskap om te gebruik, die verskeie mosaïekmetodes en nog vele meer!
