×
Fotokuns: Afdruk op hout

Die treffendste aspek van hierdie projek is die vlamme in die hout wat die karakter van die foto volmaak komplementeer. Kies ’n foto wat by die natuurlike voorkoms van die hout sal pas. Redigeer dit om ’n swart-wit weergawe te verkry en dit ’n verouderde voorkoms te gee, indien verkies. Jy kan ook die helderheid en kontras van die beelde met ’n fotoredigeringsprogram verhoog.

- Fotokuns: Afdruk op hout
- R 15.00
×
Fotokuns: Antieke fotodoek

Skep ’n ouwêreldse gevoel deur ’n afdruk op sneespapier te maak en die doek met ou kant en besonderse papiertooisels te versier. Omdat die sneespapier so dun is, sal die tekstuur van die skilderdoek steeds sigbaar wees nadat dit daarop geplak is. Dit verleen ’n outentieke voorkoms, byna asof die foto regstreeks op die doek gedruk is.

- Fotokuns: Antieke fotodoek
- R 15.00
×
Fotokuns: Balsahout silhoeette

Balsahout word in dun velle verkoop en gebruik vir die bou van modelle. Dit is beskikbaar in verskillende diktes en kan maklik met ’n handwerkmes uitgesny word. In hierdie projek word houtrame gekombineer met balsahout waaruit interessante fatsoene gesny word om jou kosbare foto’s mooi te omraam.

×
Fotokuns: Boomtak fotoraam

Hierdie maklike fotoraam word in ’n kits aanmekaargeslaan en sal jou nie ’n plaas se prys kos nie.

- Fotokuns: Boomtak fotoraam
- R 15.00
×
Fotokuns: Borde met sneespapiermotiewe

Ons sien dikwels in boeke dat servette gebruik word om borde met ’n basiese découpage-tegniek te versier. My probleem daarmee is dat jy gedwing word om die massageproduseerde motiewe op servette te gebruik. Ek sal verkies om ’n bord met digbyfoto’s van die pragtige blomme in my eie tuin te versier. Hier word stap vir stap verduidelik hoe jy te werk kan gaan om dit te doen.

×
Fotokuns: Deursigte glasvaas

Om afdrukke op die geronde wande van ’n vaas oor te dra kan nogal ’n uitdaging wees. Met die tegniek hieronder is dit egter kinderspeletjies en kry jy ’n pragtige, deursigtige beeld.

- Fotokuns: Deursigte glasvaas
- R 15.00
×
Fotokuns: Doopgeskenk

Voordat jy jou foto’s laat druk, kan jy teks daarop aanbring deur eenvoudige tekskassies in programme soos Microsoft Word of Paint te gebruik. Rond jou doek af met kreatiewe knipsels. Dit is die ideale geskenk vir iemand spesiaals.

- Fotokuns: Doopgeskenk
- R 15.00
×
Fotokuns: Foto in olyfolie

Maak ’n oulike huisinwydingsgeskenk deur ’n foto binne-in ’n bottel olyfolie te plaas. Kies ’n herinnering wat jy met die ontvanger deel, byvoorbeeld ’n foto van julle twee saam of van ’n mooi natuurtoneel wat tydens ’n gesamentlike vakansie geneem is. Maak tog seker dat die ontvanger van die geskenk weet dis vir vertoon en nie vir gebruik nie.

- Fotokuns: Foto in olyfolie
- R 15.00
×
Fotokuns: Fotobekers

Hierdie koffiebekers kan met die hand gewas word en is die ideale geskenk vir ’n ouma of oupa. Die buigsaamheid van die dekal maak dit geskik vir oordrag op geboë oppervlakke.

- Fotokuns: Fotobekers
- R 15.00
×
Fotokuns: Fotobord versameling

Raak werklik nostalgies deur ou familiefoto’s met porselein-erfstukke te kombineer. Groepeer die borde saam teen ’n muur, of bedek dit met ’n keramiekmedium om as opdienbord te gebruik.

×
Fotokuns: Fotodoek met gemengde media

Bedek eers die skilderdoek met oppervlaktekstuur en gebruik dan verskillende tegnieke om jou beelde daarop aan te bring. Kies foto’s van dieselfde gebeurtenis, byvoorbeeld ’n oorsese reis, en groepeer die doeke saam om ’n storie te vertel. Indien jy ’n jelmedium en die spieëlbeeldtegniek gaan gebruik, onthou om die beelde en teks om te keer voordat hulle gedruk word.

×
Fotokuns: Fotohangertjie van glaskristal

Stal ’n kosbare foto van ’n geliefde uit op ’n bykomstigheid wat jy na aan jou hart kan dra.

×
Fotokuns: Fotomooi koekblikke

Omskep ou koekblikke in lieflike geskenke vir grootouers, en vul dit met eetgoed wat die kinders self gemaak het.

×
Fotokuns: Gebottelde foto’s

Gebruik ou glasbottels om foto’s in uit te stal. Dit werk veral goed as die foto’s ook ’n outydse karakter het – probeer gerus swart-wit of sepia. Vir ’n meer moderne aanslag kan kleurryke foto’s in omgekeerde kos- en konfytflesse geplaas word.

- Fotokuns: Gebottelde foto’s
- R 15.00
×
Fotokuns: Gekolde kameelperd

Dit is ’n oulike idee vir ’n kinderkamer. As jy sukkel om ’n geskikte hardebordfiguur in die winkel te kry, kan jy sommer self een laat sny. Kies ’n verfkleur wat by die kamer se binneversiering pas.

- Fotokuns: Gekolde kameelperd
- R 15.00
×
Fotokuns: Glas-kapbord

Omtower ’n gewone kapbord met ’n foto wat jy self geneem het! Kies ’n afdruk wat by jou kombuis se atmosfeer pas, of een wat kleur aan ’n vervelige werkvlak sal verleen.

- Fotokuns: Glas-kapbord
- R 15.00
×
Fotokuns: Glasflessie-hanger

Maak ’n oulike hangertjie met piepklein foto’tjies wat maklik omgeruil kan word.

- Fotokuns: Glasflessie-hanger
- R 15.00
×
Fotokuns: Glaslanterns

Pas telkens jou glaslanterns by die tema van jou onthaal of partytjie aan deur eenvoudig die natrekpapier-afdrukke met nuwes te vervang.

- Fotokuns: Glaslanterns
- R 15.00
×
Fotokuns: Hartversiering

Gebruik jou mooiste digbyfoto’s van interessante oppervlakke of teksture om hardebordharte te versier. Hang dit net so op, of heg ’n piepklein vasie daarop vas.

- Fotokuns: Hartversiering
- R 15.00
×
Fotokuns: Herinneringsflesse

Verewig ’n gedenkwaardige oomblik deur foto’s met artikels uit die toneel te kombineer. Wees kreatief – dit kan jou troudag, ’n dag op die strand of ’n verjaardagpartytjie wees. Onthou om memento’s van die geleentheid te bêre, en vul jou versameling met snuisterye van dieselfde tema aan.

- Fotokuns: Herinneringsflesse
- R 15.00
×
Fotokuns: Herinneringskassie

Laat jou spesiale vakansie-oomblikke voortleef deur foto’s in ’n herinneringskassie te vertoon. Versamel tydens jou reise voorwerpe soos gebruikte kaartjies, skulpe en muntstukke om by jou uitstalling te voeg sodat dit die volle verhaal kan vertel.

- Fotokuns: Herinneringskassie
- R 15.00
×
Fotokuns: Herinneringskombers

Wat ’n spesiale manier om die kosbaarste oomblikke in ’n kind se lewe te bewaar! Hierdie projek is ideaal vir oorskietstukkies lap. Probeer om lappies te kies waarvan die kleure sowel as die teksture mekaar komplementeer. Vir hierdie projek het ek oordragpapier vir donkerder lap gebruik; dus was dit nie nodig om spieëlbeeldafdrukke te maak of ’n randjie buite-om die afdruk te laat nie.

×
Fotokuns: Kersblikkies

’n Prettige bykomstigheid vir ’n romantiese piekniek teen sononder. Gebruik reeds gedrukte foto’s en ruil hulle na hartelus om. Die kerslig sal pragtig in die foto se glansoppervlak weerkaats.

- Fotokuns: Kersblikkies
- R 15.00
×
Fotokuns: Kerse met sneespapierfoto’s

Hierdie maklike metode lewer ’n professionele resultaat wat die indruk wek dat die foto regstreeks op die kers gedruk is.
