×
Vars gehekel: Aarbeibabaskoentjies

Gebruik hierdie skattige babaskoentjies as deel van die dekor in jou babakamer of maak dit vir die volgende ooievaarstee as ’n geskenkie. Jy het nie baie wol nodig nie en kan die babaskoentjies waarskynlik met orige wol van ander projekte hekel. Die skoentjies se sool is om en by 9cm lank.

×
Vars gehekel: Beker-baadjie

Gebruik hierdie oulike beker-baadjies om jou koffie of tee lekker lank warm te hou. Dis boonop ’n goeie manier om jou koffie te “merk” sodat iemand anders dit nie per ongeluk drink nie! Jy hekel hulle so vinnig klaar dat jy sommer ’n paar ekstra kan maak as geskenkies vir jou vriende of kollegas, met letters om die persoon se naam te spel. Die bekerbaadjie is geskik vir bekers met ’n omtrek van sowat 22-24cm. Die voltooide mate is 22cm lank sonder die flappie, 28cm met die flappie en 8cm hoog.

- Vars gehekel: Beker-baadjie
- R 15.00
×
Vars gehekel: Blom-in-’n-pot

Maak seker jy het regdeur die jaar blomme in jou huis – gehekelde blomme kan nie verlep nie! Hulle maak ideale gekenkies uit en skep sommer ’n bietjie vrolikheid in ’n kinderkamer of selfs ’n kantoor. Die blomme is ongeveer 9cm in deursnee en die blare sowat 6cm lank.

- Vars gehekel: Blom-in-’n-pot
- R 15.00
×
Vars gehekel: Blomhoed

Hierdie hoed sal nie net by jou bui aanpas nie, maar sommer by jou uitrusting ook! Hekel verskillende kleure blomme van gare wat van ander projekte oorgebly het en wissel dit af vir ’n vars nuwe voorkoms. Jy kan ook die rand van die hoed afslaan as jy dit die dag anders wil laat lyk. Die voltooide hoed is ongeveer 28cm lank van die kroon tot by die rand, en is geskik vir ’n volwassene.

- Vars gehekel: Blomhoed
- R 15.00
×
Vars gehekel: Bonkige knoopserp

Hierdie projek is lekker maklik en in ’n japtrap klaar omdat dit met ’n lekker dik, bonkige gare gehekel word. Dit is ’n baie praktiese serp vir die man in jou lewe wat nie hou van ’n tradisionele serp waarvan die punte alewig in die pad is nie. Die voltooide serp is ongeveer 84cm x 22cm.

×
Vars gehekel: Bruin vloerkussing

Glipsteke is nog altyd beskou as iets waarmee ’n rondte geheg word – ’n funksionele steek eerder as ’n patroonsteek. In hierdie patroon speel die nederige glipsteek egter die hoofrol en word interessante tekstuur geskep deur bloot die steek te varieer in die voorste lus en agterste lus. Dit verg egter ’n klein bietjie oefening om gewoond te raak aan glipsteek-projekte. Moenie moed opgee nie! Jy sal gou jou eie tegniek ontwikkel en die eindresultaat is beslis die moeite werd. Die voltooide kussing is ongeveer 45cm in deursnee en sowat 32cm hoog.

×
Vars gehekel: Gingham kombers

Hierdie kombers word aanvanklik in breë kleurstrepe gehekel, met glipsteke wat later vertikaal bo-oor hierdie strepe gewerk word (oppervlakhekelwerk) om die blokeffek te skep. Die voor- en agterbeensteke verleen egter so ’n interessante tekstuur dat dit selfs mooi genoeg is sonder die oppervlak-hekelwerk (die tekstuur loop vertikaal aan die een kant van die kombers en horisontaal aan die ander kant). Vir afwisseling kan jy vier in plaas van ses kleure gebruik (koop dan 4 x 100g bolle van elke kleur). As jy net drie kleure wil gebruik, benodig jy 5 x 100g-bolle van elk. Die mate van die voltooide kombers is ongeveer 115cm x 105cm.

×
Vars gehekel: Hartjie

Maak hierdie hartjies in die kleure van jou Kerstema en hang hulle aan die kersboom, of versier geskenke daarmee. Wissel die dikte van jou gare en die grootte van jou hekelnaald om hartjies van verskillende groottes te maak. Ek het hierdie patroon gebruik vir die hartjies waarmee ek die opgestopte hangers versier het. Dit is die ideale manier om enige orige gare van vorige projekte te gebruik. Die voltooide hartjie is 11cm hoog en 7.5cm breed.

- Vars gehekel: Hartjie
- R 15.00
×
Vars gehekel: Hartjiekopband

Maak ’n hele rits hartjies in ’n ry vir jou meisiekind en versier die kopband met helder knopies, of laat die knopies weg as sy van die hartjies net so hou. Die voltooide kopband is ongeveer 67cm lank (die gedeelte met die hartjies is ongeveer 40cm) en 4.5cm breed. Verander die lengte van die middelste deel deur hartjies weg te laat of by te voeg.

- Vars gehekel: Hartjiekopband
- R 15.00
×
Vars gehekel: Kammabreisteekkussing

Een van die onlangse neigings in hekel is om breisteke na te boots. ’n Eenvoudige kortbeen word net effens aangepas en die resultaat lyk byna net soos koussteek in breiwerk. T-gare is vir hierdie patroon gebruik om die treffende eenvoud van die patroon ten toon te stel. As jy nie daarvan hou om met t-gare te werk nie, kan jy dit met enige ander dik gare vervang en ’n paar stringe saam gebruik om die dikte van die t-gare na te boots. Die voltooide kussing is ’n vierkant van om en by 46cm.

×
Vars gehekel: Lintkopband

Hierdie projek is ideaal as jy nog ’n groentjie is met hekel, maar reeds vertroud is met ’n kortbeen en ’n langbeen. Jy sal sommer vinnig die picot onder die knie kry en dan het jy binne ’n japtrap ’n splinternuwe kopband om mee te spog! Hekel sommer ’n hele paar in verskillende kleure. Die voltooide kopband is ongeveer 68cm lank.

- Vars gehekel: Lintkopband
- R 15.00
×
Vars gehekel: Omkeerbare kussing

Die blote byvoeging van een of twee fokuselemente kan ’n vertrek se voorkoms merkbaar verander. Met die omkeerbare kussing kan jy dit sommer twee keer doen sonder om jou beursie te laat skeur! Gebruik die kabelkant vir ’n natuurlike voorkoms met ’n bietjie tekstuur, of draai die kussing om as jy meer kleur by die natuurlike palet wil voeg. Beginners kan albei kante van die kussing dieselfde maak deur die gestreepte kant twee keer te hekel. Gebruik dan dieselfde kleure, maar verander die volgorde sodat die twee kante wel verskil. Of gebruik ander kleure vir die een kant as jy wil hê dit moet heeltemal anders lyk. Die voltooide kussing is ’n vierkant van ongeveer 46cm.

×
Vars gehekel: Oumablokkiesboekmerk

Oumablokkies word lankal nie meer net vir komberse gebruik nie! Maak hierdie byderwetse oumablokkies-boekmerk vir iemand wat lief is vir lees. En wat is nou lekkerder as lees voor ’n kaggelvuur in die wintermaande? Hekel sommer ’n bypassende kombers in dieselfde kleure vir ’n ekstra spesiale geskenk! Die boekmerk se voltooide mate is 16cm x 5.5cm.

×
Vars gehekel: Pers oorbelle

Die inspirasie vir hierdie oorbelle kom van tatting (geknoopte kant). Dit wys weereens hoe veelsydig hekel is deurdat dit soveel ander handwerktegnieke namaak! Hierdie projek is eintlik maklik, maar vanweë die dun gare en fyn hekelnaald vereis dit goeie vaardigheid en vertroudheid met die basiese steke hier gebruik. Kettingsteke moet byvoorbeeld egalig en almal ewe groot wees om ’n simmetriese eindproduk te verseker. Die grootte van die voltooide oorbelletjies is ongeveer 5cm x 5cm.

- Vars gehekel: Pers oorbelle
- R 15.00
×
Vars gehekel: Pienk mandjie

Hierdie veelsydige mandjie kan in ’n kinderkamer gebruik word vir speelgoed, om al jou hekelwol op een plek bymekaar te hou, as ’n wasgoedmandjie of om jou tydskrifte netjies op een plek te hou. Maak die mandjie in een kleur vir ’n meer klassieke effek, of in helder kleure vir ’n spelerige voorkoms. Jy kan ook die hele mandjie net met kortbene maak – vervang net telkens die speek-kortbeen met ’n gewone kortbeen. Die mandjie se grootte sal afhang van die dikte van die t-gare wat jy gebruik. Die mate vir ’n voltooide mandjie met baie dik t-gare, of dunner t-gare as jy met twee drade gelyk hekel, is ongeveer 38cm deursnee vir die bodem met ’n hoogte van ± 30cm.

- Vars gehekel: Pienk mandjie
- R 15.00
×
Vars gehekel: Roosring

’n Gehekelde roos verskil van ander hekelblomme deurdat dit in rytjies gehekel en daarna opgerol word om soos ’n roos te lyk. Die steekvermeerderings in elke rytjie veroorsaak dat die hekelwerk krul en valletjies maak, of soos ’n spiraal begin lyk, en maak dit maklik om die roos op te rol. Die voltooide roos is sowat 4cm breed en 2cm hoog.

- Vars gehekel: Roosring
- R 15.00
×
Vars gehekel: Sterblommat

Die kleure waarin die onderskeie dele van die mat gehekel word, lig die verskillende blomme en sterre in die patroon uit. Gebruik helder kleure saam om ’n kinderkamer op te vrolik – byvoorbeeld geel, groen en pienk, of oranje, geel en pienk. Neutrale kleure soos verskillende skakerings grys, of ’n kombinasie van grys en room sal goed werk vir ’n vertrek met ’n meer natuurlike kleurpalet. Die voltooide mat se deursnee is ongeveer ’n meter.

- Vars gehekel: Sterblommat
- R 15.00
×
Vars gehekel: Strandsak

Die koel kleure van hierdie strandsak maak ’n mens sommer lus vir ’n vakansie by die see! Gee dit ’n stewige bodem en ’n lapvoering, en jy kan dit oral gebruik.

- Vars gehekel: Strandsak
- R 15.00
×
Vars gehekel: Vingerlose handskoene

Hierdie handskoene is ideal vir daardie koue winterdae waar jy ’n bietjie ekstra hitte vir jou hande benodig maar nog steeds jou vingers moet kan gebruik. Dit is vreeslik maklik om te maak en is ’n heerlike geskenkie om vir iemand te gee.

×
Vars gehekel: Waslappies

Gehekelde of gebreide katoenwaslappies is reeds ’n geruime tyd gewild in Amerika. Die katoen absorbeer vog goed en hierdie waslappies werk uitstekend in ’n kombuis of as ’n algemene skoonmaaklappie. Die grootte van die waslappie maak dit ’n uitstekende projek om ’n nuwe steek te oefen; boonop kan jy dit na die tyd gebruik! Al die waslappies se voltooide mate is ’n vierkant van ongeveer 19.5cm.

- Vars gehekel: Waslappies
- R 15.00
×
Vars gehekel: Wit leliehangertjie

Hekel delikate miniatuurlelies vir hierdie besonderse hangertjie. Die lelies word afsonderlik vasgewerk aan ’n fyn, vertakte ketting wat ook gehekel word. Die lelies kom voor by mekaar en word oor mekaar gevou. Dit sal help as jy ondervinding het in in-die-rondte werk, aangesien die klein skaal waarop gehekel word dit moeilik maak om te sien waar om die steke te maak of die rondte te heg. Die voltooide hangertjie is ongeveer 50cm van punt tot punt. Maak dit langer deur eenvoudig die kettingsteke te vermeerder.

×
Vars gehekel: Wynbotteldrasak

Gebruik hierdie dra-sak vir jou wyn met die volgende piekniek, of gebruik dit as ’n geskenk-sak wanneer jy vir iemand wyn as ’n geskenk gee. Die voltooide drasak pas om ’n wyn- of sjampanjebottel van standaard-grootte.
